Slideshow Image 1
Slideshow Image 2
Slideshow Image 3




Maandae – Vrydae

18hoo – 21h30


Tel: 021 975 0906
Fax: 021 975 7092
Noodgevalle: 084 5484474


Korrespondensie kan aan die volgende adres gerig word: Coram Deo Gemeente Posbus 1443, Durbanville, 7550

Welkom by CORAM DEO waar jy 'n geestelike tuiste kan vind!


Hier kan ‘n persoon op hoogte bly van nuwe verwikkelinge, nuus, die jeug, gallery, die gemeente beter leer ken, meer uitvind oor bedienings, die nuutste kalender aflaai en nie uitmis op ‘n preek nie.


Coram Deo het op die 15de Oktober 2000 met dienste op Sondagaande in die Vossie Voortrekkersaal in Bellville, Kaapstad begin. Die naam, Coram Deo, kom van die Latynse uitdrukking wat Martin Luther graag gebruik het en beteken "Voor die aangesig van GOD". Dit verwoord iets van die Christen se lewenswandel. Voor die wedergeboorte loop ons almal met ons rugkante na GOD toe, maar na bekering en wedergeboorte lewe ons met ons gesigkant na GOD toe. Ons lewe dus voor die aangesig van GOD. Coram Deo se geskiedenis strek egter verder terug as die 15de Oktober 2000.


Kontak ons gerus en vind ook meer uit waarvoor ons gemeente staan.